Skip to main content

Begin Punt

Welkom aan boord ons reeks oor blokketting-gebaseerde tegnologie en ontwikkeling. Hierdie reeks dien as 'n vinnige kursus oor al die nuwe en opwindende (soms verwarrende) konsepte rakende blokketting.

Hierdie artikel is vir opvoedkundige doeleindes geskryf deur Yknot Blockchain Solutions. Ons is touwys as dit kom by die bou van blokketting-gebaseerde oplossings.

Soos meeste dinge in die lewe, is blokketting (blockchain) gebou op 'n grondslag van vertroue. As jy op die see wil vaar - hetsy vir 'n sononderkruisvaart of 'n maandlange seereis - moet jy vertroue hê. Jy moet die boot vertrou (en in werklikheid die bouers van die boot) om jou seevarend te hou. Jy moet die matroos en bemanning vertrou dat hulle weet wat hulle doen. Jy moet die knope en toue wat die seile vashou, vertrou. Dieselfde geld vir blokketting (blockchain).

Ons het hierdie metafoor (figuur 1) ontwikkel om hierdie gedagtes meer tasbaar te maak – nie net bloot tegniese vakterme nie. Ons sal hierdie metafoor regdeur ons reeks gebruik. Die sleutelkonsepte wat ons sal dek, is: Gedesentraliseerde-netwerke, slimkontrakte (Engels: smart contracts), nie-verwisselbare items (Engels: Non-fungible token – NFT), kriptografiese items of bewyse (tokens), blokkettinggebaseerde-beleggings, Gedesentraliseerde Outonome Organisasies (Engels: Decentralised Autonomous Organisations - DAO) en wat Yknot se span na die tafel toe bring.

Yknot DAO

Yknot Blockchain Solutions is hier om die boot te bou waarin jy hierdie nuwe wêreld van moontlikhede sal verken; insluitend blokketting (blockchain)-gebaseerde beleggings, Gedesentraliseerde outonome organisasies (DAOs), en vele meer!

Maar voordat ons oor die boot, knope en verborge skatte kan praat, begin ons ons gesprek met die see wat voorlê: Verspreide netwerke.