Skip to main content

Gedesentraliseerde outonome organisasies (DAO)

'n DAO (Gedesentraliseerde outonome organisasie) is soos 'n goedgeboude boot – gemaak om die onbekende te oorwin. Die afkorting DAO kom van die Engels: Decentralised Autonomous Organisations . ‘n DAO is 'n nuwe organisasievorm waar die bestuurs- en operasionele reëls van die organisasie tipies geënkodeer word in die vorm van slimkontrakte (Engels: smart contracts) op die Blokketting. Dit (die DAO) kan outonoom funksioneer met beperkte sentrale gesag of bestuurshiërargie.

 

Welkom aan boord by ons laaste aflewering in ons Navigering Blokketting-reeks. Hierdie reeks is spesifiek geskryf om vir jou toeganklike en betroubare inligting te gee oor die gebruik van blokkettingtegnologie en blokkettinggebaseerde besigheidsoplossings.

Ons het die beste vir laaste gelos. Ons by Yknot Blockchain Solutions sê dat 'n DAO soos 'n goed-geboude boot is – gemaak om die onbekende te oorwin. In ons Navigering Blokketting invoeggrafiek sal jy gesien het dat Gedesentraliseerde Outonome Organisasies (DAO's) as die seilboot in die middel verteenwoordig word. Dit is eerstens omdat al die ander onderwerpe 'n rol speel in DAO's. Tweedens is DAO's skepe met moontlikhede en invloed, dit kan baie tradisionele nywerhede heeltemal ontwrig deur meer bekostigbare en vaartbelynde oplossings aan ons almal te bied.

Kom ons kyk na hierdie scenario

Stel jou in 'n wêreld voor wat so lyk [1]: 'n Maatskappy maak gebruik van 'n verspreide grootboek (DLT) om tred te hou met sy voorraad en pas 'n slimkontrak toe wat elke item se bestelpunt aktiveer op grond van historiese klantvraag. Die slimkontrak sal outomaties 'n faktuur vir die winkel se relevante verskaffer skep, dit stuur en die datum van aflewering spesifiseer. Wanneer die versending aankom, sal die slimkontrak in kennis gestel word deur gebruik te maak van skandeerders en internet van dinge (IoT) bakens (sensors) wat aan die grootboek gekoppel is, en die vrystelling van betaling in kriptovaluta (Engels: cryptocurrencies) (kriptografiese items of bewyse (tokens)) uitvoer. Dit is net 'n eenvoudige voorbeeld van wat moontlik kan wees in edesentraliseerde outonome organisasies (DAO).

Wat is 'n Gedesentraliseerde outonome organisasie (DAO)?

Al die tegnologie rondom blokkettings, slimkontrakte en kriptografiese items of bewyse het ons in staat gestel om 'n nuwe organisasievorm te skep: Gedesentraliseerde outonome organisasies (DAO). DAO is 'n nuwe organisasievorm waar die bestuurs- en operasionele reëls van die organisasie tipies op blokketting geënkodeer word in die vorm van slimkontrakte, en dit kan outonoom funksioneer met beperkte sentrale gesag of bestuurshiërargie.

DAO in effek 'n besigheid wat 'n onderling gekoppelde web van slimkontrakte gebruik om al sy noodsaaklike en nie-noodsaaklike prosesse te outomatiseer [14]. Multi-handtekening verifiëring word toegepas om die uitvoering van 'n slimkontrak te inisialiseer, wat dit moeilik maak vir enigiemand om organisatoriese werkvloeie en prosesse wat in die slimkontrak aangeteken is, te peuter. Slimkontrakte kan die stuur en ontvangs van fondse vergemaklik, wat dit so kragtig maak.

Bestuur

DAOs het die potensiaal om ons tradisionele bestuursmodel (wat hiërargies van aard is) omver te werp en sal die koste van organisatoriese kommunikasie of bestuur aansienlik verminder. Die gedagte agter DAO is om 'n sentrale gesag of bestuurshiërargie te verwyder, en na 'n struktuur te beweeg waar alle bestuurs- en operasionele reëls van die organisasie afhang van samewerking en groepbesluitneming, wat alles op peuterbestande blokkettings geënkodeer is.

Yknot DAO

In 'n DAO word die verspreide konsensus protokolle en itemekonomie-aansporings gebruik om organisasies se selfwerking, selfbestuur en self-evolusie te verwesenlik. 'n Tradisionele organisasie volg 'n bo-na-onder hiërargie, waar 'n DAO 'n onder-na-bo interaksie en samewerking tussen verspreide nodusse op die netwerk volg. Verder, in DAO is kode wet. Bestuur is nie meer gebaseer op 'n burokratiese stelsel nie, maar op gemeenskapsoutonomie. DAO loop gewoonlik onder die regulasiereëls en samewerkingspatrone wat deur alle belanghebbendes, konsensus en vertroue binne die netwerk gedefinieer word. Aangesien DAO op slimkontrakte (staatmaak, is al die deelnemers aan die DAO se verantwoordelikheid, gesag, beloning en strafbepalings oop en deursigtig.) Slimkontrakte bied die trust waarborg vir DAO-bestuur.

Nog 'n belangrike aspek van DAO is die aansporingsmeganismes wat in die organisasiestruktuur van DAO gevind word. 'n Itemaansporing is die hoof motiveerder vir DAO. 'n Kriptografiese item of bewys (token) is 'n soort onderhandelbare digitale bate en die bewys van regte en belange. Aandele, effekte en opsies in die regte wêreld kan in die vorm van kriptografiese items of bewyse (tokens) gedigitiseer word.

Nut van 'n DAO

In [2] word nog 'n voordeel van die gebruik van 'n DAO-struktuur vir oesversekering gedemonstreer. 'n Finansiële afgeleide kan per kontrak gemaak word deur 'n datavoer van die weerdata te gebruik in plaas van enige oesprysindeks.

As 'n boer in Limpopo 'n afgeleide aankoop wat omgekeerd uitbetaal op grond van die neerslag in Limpopo, dan as daar 'n droogte is, sal die boer outomaties geld ontvang en as daar genoeg reën is, sal die boer gelukkig wees, want hul oeste sal goed doen. Dit kan uitgebrei word na natuurramp versekering.

In [3] is meer lees materiaal beskikbaar oor DAO en Telos.

Uitdagings wat DAO's in die gesig staar

Dit is moeilik om 'n DAO, of die slimkontrakte wat dit onderlê, te verander nadat dit ontplooi is as gevolg van die peuterbestande aard van blokketting. Daar is ook die moontlikheid dat aanvallers voordeel kan trek uit enige uitbuiting of skuiwergate wat gevind word in die struktuur van die kode van die DAO. Alhoewel ons nie moet vergeet dat aanvallers ook konvensionele organisasies teiken nie. Nietemin, die deurslaggewende ding is dat die ontwikkelaars van jou DAO betroubaar moet wees en weet hoe om die korrekte slimkontrakte op te stel en om dit deeglik te verifieer en te toets. Beide Telos- en EOS-netwerke het meganismes in plek om hierdie risiko te verminder.

As ons aan 'n DAO as 'n seilboot dink, sal Yknot Blockchain Solutions die vaardige bouers van die boot wees. Ons het gevorderde ervaring en kundigheid in die ontwerp van DAO-oplossings.

Afsluiting

Ons hoop jy voel veiliger en beter toegerus om die waarde in blokketting-gebaseerde tegnologieë en besigheidsoplossings te sien. Ons span 'bootbouers' is altyd gereed om te help en meer te deel oor die opwindende onverkende waters van blokketting, NFT’s, slimkontrakte en kriptovaluta.

Verwysings

[1] J. Liebkind, "DAOs, Blockchain, and the Potential of Ownerless Business", Investopedia, 2019. [Online]. Available: https://www.investopedia.com/news/daos-and-potential-ownerless-business/. [Accessed: 06- Jul- 2021].

[2] “Ethereum Whitepaper DAO,” ethereum.org. [Online]. Available: https://ethereum.org/en/whitepaper/#decentralized-autonomous-organizations. [Accessed: 06-Jul-2021].

[3] Telos Feed, “Room for Improvement. A comparison between EOS and Telos.,” Medium, 12-Jun-2019. [Online]. Available: https://medium.com/@Telosfeed_en/room-for-improvement-a-comparison-between-eos-and-telos-312c2a35414e. [Accessed: 06-Jul-2021].