Skip to main content

Verspreide netwerke

Desentralisasie en verspreide netwerke kan met die see vergelyk word – dit bied eindelose moontlikhede en vryheid van keuse aan. Desentralisasie plaas die mag in die hande van individue, en versprei die mag onder al die lede van die gemeenskap (of netwerk). In Engels word verspreide netwerke Decentralised networks genoem._

 

Blokketting-tegnologie, kriptovaluta, slimkontrakte (Engels: smart contracts) en Nieverwisselbare items (Engels: Non-fungible token – NFT) maak elk staat op desentralisasie. Voordat ons desentralisasie definieer, neem ons 'n tree terug en begin met sentralisasie.

Wat is sentralisasie?

Ons daaglikse interaksies met die wêreld is meestal gesentraliseerd. Min individue het die gesag om besluite te neem wat 'n direkte impak op hul het. Neem byvoorbeeld ons hele finansiële en regstelsel, wat meestal deur die regering, gemagtigde banke en regsfirmas beheer word. In sommige organisasies word besluite deur slegs enkele lede van die direksie geneem. Reuse soos Google en Facebook, wat deur miljarde regoor die wêreld gebruik word, het die mag om te besluit wat hulle wil hê hul gebruikers moet sien.

Sentralisasie steun sterk op 'n betroubare tussenganger. Die publiek wil weet dat hierdie maatskappye en organisasies hul beste belang in gedagte het. Dit is egter nie altyd die geval nie, wat aanleiding gee tot 'n vloot wantroue (anti-trust) regsgedinge. Maatskappye soos eBay en Amazon tree op as betroubare tussengangers wat verseker dat goedere tussen verkopers en kopers versprei word.

Regerings het deur die geskiedenis met hierdie betroubare tussengangers, (ook genoem "smoorpunte") in ons globale ekonomie saamgewerk om ongewenste uitkomste soos belastingontduiking en geldwassery te vermy deur verslag te doen oor verdagte aktiwiteite [1]. Banke en ander organisasies moet verslae indien en inligting aan beheerliggame oor hierdie verdagte aktiwiteite bekend maak.

Aan die ander kant van die pendulum het ons desentralisasie. Desentralisasie en verspreide netwerke kan met die see vergelyk word – dit bied eindelose moontlikhede en vryheid van keuse.

Desentralisasie plaas die verspreiding van die mag onder al die lede van die gemeenskap (of netwerk). Bitcoin is 'n voorbeeld waar daar geen behoefte aan 'n gesentraliseerde bank of enige tussenganger is nie, want al die transaksies is sigbaar vir al die betrokke partye en die blokketting hou die transaksiegeskiedenis, wat enigiemand in die netwerk toelaat om enige transaksie na sy oorsprong terug te spoor.

Die volgende figuur is 'n illustrasie van die verskil tussen 'n gesentraliseerde-netwerkargitektuur en 'n verspreide-netwerkargitektuur. In 'n gesentraliseerde netwerk moet al die nodusse kommunikeer deur (en word beheer deur) 'n enkele vertroude nodus. Desentralisasie verwyder die behoefte aan 'n betroubare tussenganger of sentrale owerheid, terwyl dit dieselfde funksionaliteit met dieselfde mate van sekerheid (vertroue) te bereik.

Yknot DAO

Blokketting maak vertrouelose (Engels: trustless) netwerke moontlik, aangesien partye direk met mekaar kan handel, al ken en vertrou hulle mekaar nie. Die afwesigheid van 'n betroubare (gesentraliseerde) tussenganger beteken dat versoening vinniger tussen die transaksie partye is.

‘n Voorbeeld hiervan is die koop en verkoop van Hernubare Energie Sertifikate (Engels: Renewable Energy Certificates – RECs) wat op ‘n blokketting platform gefasiliteer word. Voorheen moes partye direk skakel met die sentrale registrasiekantoor om die geldigheid van RECs te ondersoek. Met ‘n platform soos Fuelswitch.io word elke REC op die blokketting met ‘n unieke kode gestoor en kan die koper die REC gaan verifieer. Dus is daar ‘n betroubare vertrouelose transaksie aangegaan.

In die konteks van blokketting-gebaseerde tegnologie, wys "vertrouelose" (Engels: trustless) na die gedagte dat mense (vreemdelinge) met mekaar kan handel, al vertrou of ken hulle mekaar nie –omdat die blokketting-gebaseerde netwerk 'n kultuur van vertroue vestig in die stelsel, sodoende betroubaarheid. En dus stel 'n betroubare netwerk jou in staat om met gemoedsrus te koop, belê en verkoop; met die wete dat die stelsel absoluut betroubaar is.

Betroubare oplossings wat voorsiening maak vir vertrouelose transaksies. Trustworthy solutions that enable trustless transactions.

As desentralisasie vir jou nuut is, het jy dalk nog baie vrae oor hoe dit werklik werk en rakende bewyse van die betroubaarheid van blokketting-gebaseerde oplossings. Blokketting en desentralisasie maak staat op kriptografie wat outoriteit agter al die interaksies in die netwerk bring. Kriptografie en netwerksekuriteit se doel is om die vertroue en sekuriteit te voorsien wat nodig is om ons vertroue in die stelsel te bou. In die volgende afdeling sal ons kriptografie ondersoek.

Verwysings

[1] J. Maupin, "Mapping the Global Legal Landscape of Blockchain and Other Distributed Ledger Technologies", Cigionline.org, 2017. [Online]. Available: https://www.cigionline.org/static/documents/documents/Paper%20no.149.pdf. [Accessed: 10- Jun- 2021].